Sterk.Stil.Sy
R200,00
Dit is die eerste boek van Jurain Klaasen. lets wat sy nooit sien kom het nie,
maar deur God geïnspireer. Jurain praat reguit: plat, eerlik en opreg met elke
persoon wat eens gesukkel het met seer, verwagtinge, depressie en soveel
meer in ‘n sagtheid wat diep sny. Dan kom heling: met vergifnis, God se
genade en liefde. Haar stories is deurleef, haar woorde is gebed, en haar stil,
sterk teenwoordigheid dra ‘n krag wat nie maklik vergeet word nie.
Sterk. Stil. Sy. ‘n Uitnodiging aan elke vrou om weer in haar eie stem te glo.
————————————————————————————–
Jurain het grootgeword in Paarl, en eie aan die area getuig haar lewe van
verskillende ervarings – the good, bad and evil – van kinderjare tot onlangs. Sy
inspireer veral vroue om sterk te staan, te groei en ‘n inspirasie vir ander te
wees. Jy hoef nie alleen te dra nie. Jy hoef ook nie in stilte te herstel nie. Lees
verder nét as jy gereed voel. Hierdie is vir elkeen wat al ooit gevoel het haar
stem is gesteel. Jurain vertel haar stories om ander stil stemme aan te moedig
– nie om seer te maak nie. As jy self deur soortgelyke
trauma gegaan het, wees sag met jouself.
Available on back-order





Reviews
There are no reviews yet.